Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS SONDAG 22 DESEMBER 2013

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika. Die SARL saai elke Sondag om 08:15 SAT 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uit. Vir oudio gaan na www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio deur Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

STIL SLEUTEL

Ons is jammer om aan te kondig dat R.J. 'Tim' Hughes, G3GVV, op Vrydag 13 Desember op 95 jarige ouderdom oorlede is.

Tim was RSGB President in 1972 en leier van die RSGB afvaardiging by Streek 1 konferensies voordat hy vir baie jare as sekretaris van Streek 1 van die IARU.

In IARU kringe was hy gerespekteer, veral gedurende Streek 1 konferensies vir sy duidelike Engelse uitspraak deur baie van wie Engels nie die moedertaal is nie.

(Stilte)

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

IN DIE NUUS VANDAG:
BOODSKAP VAN DIE SARL PRESIDENT
ICASA VERLENG DIE SARL 5 MHZ LISENSIE
2014 WRTC SKEIDSREGTERS AANGESTEL
VORDERING VAN DIE ZS9MADIBA SPESIALE GEBEURTENISSTASIE

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante items.

BOODSKAP VAN DIE SARL PRESIDENT

Terwyl ons na die einde van 2013 met die spoed van radiogolwe voortsnel wil ek graag aan al ons lede en vriende ‘n wonderlike en vreugdevolle feesseisoen toewens.

Aan die SARL Raad, Raadsaanstellings en NARS personeel ‘n gewaardeerde dankie vir al die harde werk gedurende die jaar. Dankie aan al ons lede vir die lojaliteit en ondersteuning gedurende 2013.

Mag ons gedurende 2014 weer op die radiogolwe verenig en aanhou om die mees wetenskaplike stokperdjie van almal te geniet.

Ek wil afsluit met ‘n aanhaling waarvan skrywer onbekend is: “Never forget to be thankful for the blessings you have received, especially for the gifts given to you.
Be content with what you have because others may not have it as good as you.
Spread humility, joy and love this Festive Season”.

Groete aan almal!

Rassie Erasmus, ZS1YT.

EENJAARLISENSIEAANSOEKE

Radio-amateurs wat houers van eenjaarlisensies is word daaraan herinner om Vorm B te voltooi en dit aan ICASA te pos. Dit is ook van toepassing op herhalers, bakens en klubroepseine. Volledige besonderhede en Vorm B is op beskikbaar op die SARL se webwerf, www.sarl.org.za

Spaar tyd en geld deur nou vir ‘n vyfjaarlisensie aansoek te doen.

ICASA VERLENG DIE SARL 5 MHZ LISENSIE

ICASA het die SARL se 5 MHz lisensie tot aan die einde van Januarie 2014 verleng. Dit volg op die SARL se versoek aan ICASA om die lisensie te hersien en gebruik tot ten minste met die aanvang van die 2015 WRC 2015 toe te staan.

Tans hou die SARL ‘n loodslisensie vir 5 250 en 5 260 kHz. Met die SARL se aansoek het hulle ook die Voorsitter van ICASA, Dr Stephen Mnube, versoek om aan die SARL langtermyn gebruik van hierdie twee frekwensies met die oog op voortplantingsnavorsing ten minste tot met die WRX15 konferensie toe te staan.

Die SARL is tans besig met die ontleding van die resultate wat tydens die spesiale 5 MHz naweek vroeg November ingesamel is.

Die wenner van die gelukkige trekking is Barry Newton, ZS2NF. Geluk daarmee!

Die eerste navorsingstudie deur die SANSA ionosonde netwerk is gepubliseer en vir aflaai beskikbaar vanaf www.sarl.org.za, klik op voortplantingsnavorsing en volg die skakels.


WEER ‘N HERINNERING AAN DIE VIDEOKOMPETISIE

Die Suid Afrikaanse Amateurradio Ontwikkelingstrust nooi videograwe om deel te neem aan ‘n kompetisie waar aantreklike pryse op die spel is. Wees skeppend met jou kamera, of selfs slimfoon, en skiet ‘n kort video van ‘n opwindende Amateurradio aktiwiteit. Jy kan die wenner wees van ‘n 5 watt GG MFJ 40 radio ter waarde van R1300 of een van vele ander pryse.

Die videoformaat kan AVI, WMV of MPEG met ‘n minimum resolusie van 320 X 240 wees. Die lengte van die video moet tussen 3 en 5 minute wees. Die onderwerp kan enige iets wees wat die vreugde en opwinding van amateurradio weergee.

Inskrywings moet per KS of DVS gedoen word en nie per e-pos nie. Stuur jou video aan: Amateurradio Videokompetisie, Posbus 90438, Garsfontein, 0042. Die sluitingsdatum is 31 Desember 2013 en die wenners sal vroeg in 2014 aangekondig word. Meer inligting is beskikbaar by www.amateurradio.org.za.

WINTER WEER OP PAD

Winter- en- somersonstilstande in die Noordelike en Suidelike halkfronde respektiewelik het gister op 21 Desember plaasgevind. Dit beteken ons is nou verby die middeel van ons Somer en reeds weer op pad winter toe.

2014 WRTC SKEIDSREGTERS AANGESTEL

Die Wêreld Radiosport Spankampieonskappe (WRTC ) word elke vier jaar gehou en bestaan uit 50 + twee-persoon spanne van amateur radio-operateurs van regoor die wêreld wat meeding in 'n toets van die werking van vaardighede. Anders as die meeste op-die-lug-kompetisies, word van al die stasies vereis om identiese antennas te gebruik vanaf dieselfde geografiese streek, alle veranderlikes behalwe bedryf vermoë word uitskakel.

'n Skeidsregter sal op die terrein by elk van die 59 stasies wat meeding kyk na die nakoming van die reëls en om besluite te neem op enige reël vrae deur die spanne. Die skeidsregters moet top-vlak kompeteerders wees, want hulle moet gelyktydig luister na die klank van beide operateurs vir die hele 24 uur van die WRTC2014 kompetisie, wat plaasvind in Julie 2014 in die VSA.

Daar was 143 aansoeke wat ontvang is. Die keuringsproses oorweeg verskeie faktore, insluitend geografiese gebiede, taalvaardighede en SO2R vermoë. Die Suid-Afrikaanse Radioliga wens Bernie van der Walt , ZS4TX, en Chris Burger, ZS6EZ, geluk, hulle is verkies tot die groep van 59 skeidsregters. Wel gedaan Bernie en Chris!

Meer inligting oor die WRTC 2014 is beskikbaar by www.wrtc2014.org

AMATEURRADIO IN AKSIE

Die Amateurradio in Aksie span is tans besig met die beplanning van 'n reeks programme wat voorlopig in 2014 uitgesaai gaan word. Die span benodig egter insette van luisteraars, daarsonder kan die program nie voortgaan nie. Laat weet bietjie vir ons wat jy graag wil hoor in die program. Vir die wat daartoe in staat is, vervaardig asseblief vir ons insette.

Ons wil graag voortgaan met die program, maar net soos met die Afrikaanse nuusbulletin is dit nie moontlik sonder die hulp van ons mede Afrikaanssprekende vriende nie. Ons hoor graag van jou. Stuur asseblief vir ons jou programvoorstelle en/of insetsels aan aria@amateurinaksie.co.za

LIGANUUS

VORDERING VAN DIE ZS9MADIBA SPESIALE GEBEURTENISSTASIE

Die ZS9MADIBA roepsein het net voor 21:00 op 11 Desember op die lug gegaan. Dit is ‘n uiters gewilde roepsein met groot aanhang wanneer dit waargeneem is.

Namens die SARL sê ons dankie aan die operateurs wat hul tyd afgestaan het om hierdie spesiale roepsein te bedryf. Julle het werklik die spreekwoordelike ekstra myl geloop.

Om 09.40 op die 20ste Desember was die ZS9MADIBA statistiek soos volg:

7 783 QSOs, 1 953 QSLs (LoTW) wat vir slegs 9 dae op die lug fantasies is.

Die DXCC bevestigde kontakte is tans soos volg: 100 bevestigings tel vir ‘n DXCC Gemeng - 78 GG - 64 Foon - 44 Digitaal - 57

Ons soek steeds operateurs wat SARL lede is. Stuur asseblief ‘n e-pos aan zs9madiba@gmail.com as jy in die geleentheid wild eel.

Die ZS9MADIBA roepsein sal tot 11 Januarie 2014 op die lug wees.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die sonaktiwiteits vlak gematig is. Daar is 'n moontlikheid van M-klas fakkels.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 85.

Amateurs gaan al die DX-bande van 20 tot 10 m geniet met 15 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl die 20 m net 'n kortkop agter behoort te wees. Daar behoort ook 'n paar vroëe aand 6 m openinge te wees.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

31 Desember - Laaste dag vir inskrywing van amateurvideo.
18 Januarie 2014 – SARL@Home
28 Februarie 2014 - Sluitingsdatum vir Leerling Opstelkompetisie.

SARL-nuus nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u om elke Sondagoggend om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-omgewing te luister na "Amateur Radio Today". Daar is herleidings op 7 082, 7 205 en 17 760 kHz en ook 'n potgooi deur ZS6RO. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op "Amateur Radio Today", gaan na die groen kolom en klik op 'Listen on the web'. 'n Heruitsending vind op Maandae om 16:30 UTC op 4 895 kHz plaas. Op die webwerf verskyn ook besonderhede aangaande verskeie ander heruitsendings. Ontvangsrapporte, kommentaar en voorstelle sal waardeer word. Stuur e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga met vertalings, saamstelling en redigering deur Louis Kirstein, ZS1LK.

Dankie dat u geluister het, 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003